Keurboslaan van Theunis Krogh leef voort, sterk
en helder in my verbeelding, vandag het ek my
seun gaan registreer in ‘n Keurboslaanomgewing,
die rooibaksteengebou, die droom van edelheid,
van eer en hoflikheid, selfbeheersing en nederigheid,
van lojaliteit en integriteit – kortom, Dr Roelof
Serfontein herleef
Elke woord oor hom gelees, elke droom oor sy skool
gedroom - word waar vir my, eers Hoër Meisieskool
Stoffberg – dit het begin by Jong Dr Serfontein, toe
Dr Schoonbee nog viool gespeel het en die mite van
Lodi die Gees vertel het – daarom dat Dr Serfontein
daar ingepas het, hy was Lodi die Gees homself –
nagte gedroom oor die raaisel van
Lodi die Gees se verskyning, nou is Hamlet’s Mill* wat
na hom as ‘Amlodi’ verwys, die grootste talisman in my
lewe – wou Latyn en filosofie op skool neem omdat
Dr Serfontein self daarin klas gegee het; filosofie en
Frans op universiteit, Latyn laat vaar – vandag besef
ek weer: My jeugrealiteit was net ‘n droom; die
drome van my jeug is die eintlike waarheid
Die werklikheid is vloeibare water; ons drome bepaal
die geometriese patrone waarbinne die ys kristaliseer,
negatiwiteit skep vormlose waterformasies – met
Keurboslaan as my riglyn, met denkpatroon-
vorming deur Dr Serfontein, vorm my
drome die mooiste geometriese
patrone - en ek leef my droom!
*Santillana en Von Deschend “Hamlet’s Mill”
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem