Afr: Jy Kan Maar Legkaarte Bou 7.30.2008 Poem by Margaret Alice

Afr: Jy Kan Maar Legkaarte Bou 7.30.2008

Mooi-mooi! Legkaarte bou is alte wonderlik,
maar onthou, die goed tuimel uitmekaar as
iemand roer, plak die deeltjies aan 'n sterk
oppervlak - maak dit integreit -

Soos dié van Saartjie Bauman - altyd getrou
aan haar selfontwerpte reël om oor te begin
as haar voet aan die gleuwe tussen die blokke
op die sypaadjie raak

Meng eerlikheid en liefde in gelyke hoeveelhede
vir superglue waarmee jy die legkaartstukkies
vasplak; gebruik getrouheid as spykers om
die legkaart teen 'n muur van wysheid

Vas te kap; en siedaar; jy kan maar legkaarte
bou - kom wind, kom reën, kom oseaan – dit is
die wysheid waarop my legkaart staan!

COMMENTS OF THE POEM
Gerhard Knight 30 July 2008

Sjoe - dis mooi - dis onverwagste einde - ek wil die gedig sing..

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Margaret Alice

Margaret Alice

Pretoria - South Africa
Close
Error Success