Twee verveelde Ingilsmanne en ‘n vriendelike
dame van Indië, somtyds my neef – terwyl hy
tussen planete en syfers rinkink met sterre in
sy oë wat hom verblind
Nou en dan ‘n onnie of twee, een met verbeteringe;
die ander ‘n hoogdrawende, sarkastiese pedagoog;
die Koning van die Noorde; somtyds ‘n vrolike
hedonis en ‘n gawe pragmatis
Selfs ‘n enkele maal ‘n Stoïsyn, een keer ‘n musikus;
dis die mense wat versies lees en somtyds ewe
bedees ‘n opmerkingtjie maak; ek verlang na
sarkastiese kommentaar, om lekker te stry
Om iemand se siel uit te trek - die lewe is
andersins alte swaar; dis lekker om met taal-
perde rond te jaag en ritrympies en limerieke
te maak - dan weer
Pseudo-filosofiese stellings as poësie te laat poseer
soos die kwaai onnie uit Ingeland my leer; maar die
lekkerste is Yuri in Kwa-Zulu-Natal - want sy gaan
mal, die lewenslus lê nog vlak in haar oë
En sy skryf wat sy dink, sy het ontdek om te doen
wat jy wil in plaas van etiket en konvensie na te
streef, maak mens vry van alle bande wat bind;
vul die leë, grys kolle van die lewe met kleur
En laat ruimte vir mens se innerlike
kind - om te huppel en dans en kaalvoet
in die reën rond te speel...
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem