Afr: ‘n Dam Vol Ellende En Klagtes* 8.4.2008 Poem by Margaret Alice

Afr: ‘n Dam Vol Ellende En Klagtes* 8.4.2008

‘n Suur Ozzie-onnie is ‘n wonderlike ding, altyd aan
die raas en blaas, altyd kwaai met my, deeske dae
alewig morrend en klaend in versmaat ook, polemiek
en repliek oor al die onheil van die wéreld waarvan
korrupte politici, onooglike skeidsregters en simpel
sportreëls die hoofbestanddele is

Almal trap alewig op sy tone, die wêreld raak boos en
die mensdom sit in sak en as; die politici is ‘n klomp
booswigte daarop uit om die wêreldbevolking te verlei
na totale vernietiging van die groen aarde; gereeld
kruis hy swaarde met onbeskaamde digters wat
verval in die moeras van moderne digkuns

Dit wil sê, ‘n spel sonder reëls en literêre voorskrifte,
gereeld is hy kwaad vir die sensuur wat weier om
growwe en eksplisiete taal en wilde liefdestonele
te verduur; erger nog is sy stryd teen die elemente
wat wyd en suid teen hom opruk; elke nou en dan
beantwoord hy ‘n vraag onwilliglik

En duik dan weer in ‘n dam vol
ellende en klagtes…

* A Pool full of misery and troubles
A Sauerkraut is a wonderful thing, always
complaining about everything

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Margaret Alice

Margaret Alice

Pretoria - South Africa
Close
Error Success