Afr: Nici Word Vyftien Poem by Margaret Alice

Afr: Nici Word Vyftien

‘n Feëtjie dans ligvoets omheen, dartelend en vrolik,
was die visbak, sing sorgelose liedjies saam met haar
ma, lag guitig vir haar pa en raak skoon stuitig wanneer
haar gunstelingprogramme verskyn op TV

Gee haar ma drukkies en soentjies en sit styf teen haar
pa; vyftien vandag,12 September 2008, veels geluk Nici,
wag tog net ‘n bietjie met grootword vanjaar; met MXit
en ‘n “grass party” daarby is sy gereed vir feesvieringe,

Kuiltjies lag ons toe in lewensvreugde, liefde wat spreek
uit elke gebaar, liefde wat almal omhels en orals heen
skyn, opgewek en propvol idees, selfstandig, onafhanklik
en heeltemaal beslis oor wat sy wil doen

Waar sy wil gaan en oor elke tree wat sy gee; ‘n miljoen
teddies in haar kamer op die gordynkap uitgestal; met
die goeie grasie om korter te bly as haar ma; moet haar
smeek om nuwe skoene te koop

Word betig as dit lyk of haar ma ongeskik is met mense
om haar; moet aanvaar sy glo in haar pa en voel dissipline
is goed vir haar; maak take en leer ongesiens en vertel
agterna hoe het dit gegaan

Wen silwer op die Ekspo, neem ‘n wenfoto van ‘n blaar
vir die skool se Artes, hou van tennis en swem en
oefeninge doen vir die vale; vra ons telkemale om te
kuier by haar maat Renate; sterk morele beginsels

En ken die verskil tussen Reg en Verkeerd...

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Margaret Alice

Margaret Alice

Pretoria - South Africa
Close
Error Success