Westerse denktradisie, literatuur en aanames is
geestelik en filosofies bankrot; soos geïllustreer deur
die twee wêreldoorloë en die huidige wêreldpolitiek,
asook die samelewing gebaseer op die gebruik van
kalmeermiddels en anti-depressante
Bestudeer kwantum fisika as ‘n alternatief op Westerse
materialisme; lees “The Dancing Wu Li Masters” van
Gary Zukav; ontdek Oosterse tradisies as alternatiewe
denkwyses; lees Leo Buscaglia soos “Born To Love”
oor onvoorwaardelike liefde om uit die slaggat
Van romantiese literatuur te ontsnap; wat liefde as ‘n
selfsugtige, selfgerigte, sinlose opwelling, en die mens-
dom as veroordeelde lewensvorm uitbeeld – doel en
betekenis word nie aan ons gegee nie; ons moet dit
self ontwerp; besef dat samelewing en godsdiens
Menslike konstrukte is en aanvaar verantwoordelikheid
vir die toestand waarin die wêreld verkeer; dan kan ons
alternatiewe op die werklikheid ontwerp en visioene van
‘n nuwe aarde optower; “The Secret” wys HOE ons drome
en ideale kan realiseer; maar verskaf ons nie
Die inhoud nie; ons moet self ons drome en ideale ontwerp;
verlustig jou in relatiwiteit en Zen-Buddhisme; dit maak nuwe
wêrelde oop en toon dat die Westerse samelewing maar net
een alternatief op duisende ander variasies is; alles kan
verander in ‘n positiewe rigting
Wanneer ons dit so verkies!
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem