Alleen
soms as die woorde my ontwyk
die gevoel van koestering my verlaat
voel ek so alleen
dat geen metafoor eers daarvoor voldoende sal wees
dis tog is dit net soms wat ek die arm van 'n iemand
die hitte van 'n ander
of die asem van 'nsiel nodig het
meeste van die tyd verlustig ek my
in my eie wees
my eie eie wereld
ingediep in die maalkolk van wie ek is
my gees bevry van sosiale persepsies en boksies
sweef saam met die motte om die lamp
ek kan as ek alleen is
gedigte aanhaal wat my hart koester
en ek kan die hitte van die geskrewe woord aanvoel
ek is anders in daai opsig
dat dit my kan paai en koester
waar dit dalk ander koud laat
maar tog..
soms as die woorde my ontwyk
en alleen laat op die plato van my binneste
wanneer die emosies so 'n warboel word
dat my geliefde woorde niks kan uitrig
wanneer geen gegriffel meer help
mis ek die wese van 'n mens
Lola Sanchez 2009
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem