in die naïewiteit van my jare
lê daar nog die onkunde
wat ek hoop die jare sal bring
die kennis van hoe
die weet van die voue
die krake en die toegewings
wat benodig word vir die liefde
daai jare se geduld en verdra
wat mens by ou getroudes sien
die oupa en ouma sit op die stoep
–stil tevredenheid
daardie
onkunstelde, onopgesmukte
bekuit en koffie
basics
sonder skroom
sonder vooropgestelde idees
van wie die ander veronderstel is om te wees
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem