[afrikaans] Die Weet Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Die Weet

Rating: 5.0

eendag wanneer die son weer oor die berge opkom
sal die waarheid daar wees
saam met die voëlgesang sal dit by jou opkom
saam met die oggend dou sal twyfel voor die son verdwyn

eendag alleen in ‘n stad sal die eensaamheid om jou vou
die menigtes sal rondom jou dwaal
en jy sal weet

eendag een arm in jou baadjie in,
koppie koffie in die ander hand, draffend by die gang af,
sal jy tot stilstand gedwing word
en dit sal duidlelik wees

eendag midde in ‘n oomblik van passie
saam met die een of ander
sal die weet ongesiens op jou opkruip.

nie in refleksie, meditasie of terapie.
nie in die rookwolke van mistieke kruie nie
nie in die kerk- of die beskuldingsbank nie

maar iewers alledaags
waar jou hart dit die minste verwag
waar jou skanse die laagste is
waar jou gees geen aanslae verwag
daar sal die ontwykende kennis jou vind
daar sal die weet na jou toe kom.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success