Vannaand is daar 'n groot makietie.
opskop en koteljons gaan die
Nag diertjies.
Want vannaand is die maand mondig.
Oral brand vuurvliegie vuurtjies.
Uil hoe, hoe hy moet aankondig,
kom nader, kom nader jul is uitgenooi,
want vannaand is die maand mondig.
Ons gaan Two step en Tango,
ons gaan Vonkelwyn klink,
elke diertjie wyfie en diertjie ou,
maak jul passies flink.
Vanoggend toe Son oor die randtjie loer,
het maand se mondiging begin
en vannaand gaan ons dit lekker vier, van hierdie kant tot doer.
Vannaand is Maand mondig,
die vrolikste aand,
Hey, Hey Oktober jou lekker ding!
Nou kan jy ook saam die ander
maande sing.
Jy is oud genoeg, die dae stap aan,
Geniet die oomblik terdeë.
Ons tydtjie in die jaar is flussies oor,
Maar vannaand kan jy dit erg geniet.
Kom ons heildronk in 'n koor,
21 ou Maand, die lekkerste aand,
wanneer Nag diertjies hul aandvere
regskut.
Want wie wil tog nou nie 'n verskoning hê,
om lekker partytjie te hê.
Want vannaand is maand mondig!
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem