Gebed Tot God Poem by Marien Jacobs

Gebed Tot God

Here, ek verlang so om heilig te wees,
En heilig te leef deur die wandel met U Gees,
Sodat ek mag wees met die blaas van die basuin,
Tot eer van God; onberispelik, vlekloos en rein.

Dat my liggaam ook mag wees vir U o Heer,
Die lewende, heilige welgevallige offer wat U begeer,
Heilig, afgesonder van die wêreld deur U Bloed,
Verander deur die vernuwing van my gemoed.

Of ek dan eet of drink of enige iets doen,
Mag dit Hom verheerlik wat my met God versoen,
En aan my as pand gee, Sy Heilige gees,
Om my daagliks te vul; te lei om heilig te wees.

Heer, kom reinig en heilig my tot U eer,
Sodat my lewe 'n offer mag wees van lieflike geur,
Wat Christus Jesus aan andere weerspieël,
Sodat hul Hom alleen wil dien met hart, gees en siel.

Kom reinig en vul elke aspek van my lewe Heer,
Volkome met Uself – dis wat my hart begeer,
Dat U alleen volle beheer mag neem oor my lewe,
Sodat ek tot U eer, na heiligheid sal strewe.

O Lam van God hou my onder U Bloed,
En kom daagliks my siel met U Woord voed,
En hou my in kontak met U, hemel Vader,
Dat ek met vrymoedigheid tot U sal bly nader.

(2003)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success