IN SWITSERLAND Poem by Danie Marais

IN SWITSERLAND

In Lusern dryf die witste swane
op die Reuss se glashelder turkoois
by 16de eeuse Barok dekor
voor sneeuberge verby.

In Lusern in die hotelkamer later
huil jy jy's lief vir my
maar seks in 'n ouer verhouding
is moeilik vir jou net
te veel soos ou pantoffels,
soos gewoonte,
jy's jammer, jy is rêrig lief vir my, maar
ek was al hier
in hierdie deurgetrapte ouwêreldse holte
in hierdie klankvaste plek
waar drome so vanselfsprekend
in leë eggo's ontbind.
Ek het net nie gedink
dat ek saam met jou
hierlangs sou kom nie;
nooit werklik geglo
dat ek eendag met geleende groen oë
sou kyk na jou
soos 'n toeris sal kyk
na die koue poskaart-swane
van lieflike Lusern nie.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success