Jong Moeder In Gevangenis Poem by Pablo Loves Life

Jong Moeder In Gevangenis

Ek dra 'n bruin cimplene rok
in hierdie hok...
die hok van innerlike hel
al probeer ek, kan ek nie vertel

Hier is my lewe op skou...
elke dag wat hulle my hier hou
ek moet glimlag en van my verldede vertel
en hulle oortuig alles is wel

Hierdie is “glorified” hotelverblyf
Ek word aangemoedig om te sorg vir my lyf,
vingernaels en hare mooi gedoen
om die innerlike skaam and skuld te verbloem

“Nee, als is reg, Mevrou Kommittee
kry gerus nog ‘n slukkie rooibostee
Natuurlik is ek en my baba wel”
hoor ek die leuen wat my lippe vertel

maar weggebêre diep binne-in my hart
is die storie van my daad van smart
“Mevrou Kommittee, my baba is alweer dors
het iemand vir my ‘n stukkie ekstra kos? ”

In dié plek bestaan geen nag of dag
Net God droog hier die trane af.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success