Jou Naam Poem by Pablo Loves Life

Jou Naam

‘n onmoontlike lang tyd gelede
was jou naam vreemd in my mond,
net nog ‘n woord op ‘n agenda..
dit het onbekend van my tong afgerol..

Nou is jou naam bekend vir my
dit vorm sag op my lippe en vlek
jou beeld oop in my gedagtegang
waarin ek stap na jou toe....

Jou naam roep my na jou toe,
die herkenning daarvan ruk
my siel oop en ek neem jou vir my
en jou naam is nou myne.

COMMENTS OF THE POEM
Margaret Alice 23 March 2008

Ek is stomgeslaan - dat Afrikaans so van liefde kan sing! Afrikaans was altyd so self-geregverdig, of die taal van seerkry, wat pyn alleen beskryf - en hier kom 'n digter en laat Afrikaans sing soos wat ek dit nog nie gehoor het nie! My koolstofhart is nou blinkgevryf en kristalhelderblink met die ontdekking dat Afrikaans ook liefdesgedigte met sulke bekoorlikheid kan produseer - dis heerlik sag op die oor en ek is getoor - deur streng Afrikaans wat skielik in die taal van liefde verander het - dis groots! Hou aan met skryf, vir die eerste keer kan ek my in liefdesgedigte in my moerdertaal verdiep - heerlik! Vriendelike groete, Margaret Alice.

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success