KLEIN CARDO Poem by Ronelda Kamfer

KLEIN CARDO



vir Alfonso Cloete en Velencia Farmer

They say it's the whiteman I should fear, but it's my own kind
doing all the killing here.
Tupac Amaru Shakur
Cardo was gebore
maar niemand het hom verwag nie
sy ma was sestien
en sy pa gemeenskapsbouer vannie jaar
sy ouma was 'n cashier
en sy stiefoupa het gedrink virrie pyn

Cardo was 'n mooi klong
met 'n donker vel en ligte oë
mooi genoeg om Engels te praat
hy't gehou van drie stokkies
en vrottie eier innie pad speel
Tietie Gawa vannie mobile het gesê
Cardo was 'n engelkind

Die aand voor Cardo se eerste dag
op grootskool
het die schoolboys klappers innie pad geskiet
Cardo het by die venster uitgeloer
die koeël het in sy keel gaan sit
sy ma hettie gehuil nie
die politicians het 'n boompie geplant
en die Kaapse Dokter het hom uitgepluk
en gegooi waar die res
vannie Kaap se drome lê

oppie vlaktes

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success