My Liewe Marlene Poem by Gerhardus Keen

My Liewe Marlene

Ek sien die maan in jou oë skyn
Jou glimlag laat my seer verdwyn
Jou aanraking laat my skoon bewe
Jou soene gee my nuwe lewe
Met my hande streel ek oor jou vel so sag
In my arms soek ek jou die hele nag
Jou nabyheid gee my nuwe moed
Ek voel jou in my soos my eie bloed
Jou beeldskone gesig is in my brein geëts
Jy lyk vir my soos 'n Da Vinci skets
Geen woorde kan jou skoonheid beskryf
En die glinstering van jou sagte lyf
Ek sê ek lief jou keer op keer
Dan antwoord jy met "ek lief jou meer"
Dis die oomblik wanneer dit voel ek sweef
Ek wil dit oor en oor beleef
Jy is hier diep binne in my hart
Sonder jou voel ek die smart
Ek wil jou liefhê die res van my lewe
Ek vra jou vergeef my sewentig maal sewe
Foute sal ek altyd maak
Ek wil jou net nie daardeur raak
Ek wil jou op my hande dra
Ek wil deur my gedig om vergifnis vra
Kom ons los die verlede
En gee al ons aandag aan die hede
Ek wil elke dag as ek my oë oop maak jou sien
Jy, die liefde van my lewe, my liewe Marlene

© Gerhardus Keen 19 Okt 2020

My Liewe Marlene
Monday, October 19, 2020
Topic(s) of this poem: beauty,forgiveness,love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success