Net Vir Jou Poem by Marien Jacobs

Net Vir Jou

Diep, potblou
Poele, soos druppels dou
In die sonskyn…rein en skoon
'n blou safier in 'n goue kroon.

Goud-silwer dans saam in die wind,
Terwyl sonstrale hul pad deur dit vind.
En die wind lag saam
By die aanhoor van jou naam.

Kabbelende water sing;
Goggatjies wat geluidjies bring,
Grassies wat mens laat luister
Na wat hulle fluister.

Ja, jou lag bring 'n glimlag in elke dag,
Jou stem laat die harte wen
Van dié wat jou ken.

Jou sagte aanraak
Is die deurbraak
Tot 'n besef
Wat liefde betref.

Blommetjies en fyn klein kersies,
Die sing van liedjies en opsê van Bybel versies,
'n vriend wat ek vertrou
dis alles deel van jou.

Dis jou oë waarin ek Gods liefdeslig sien
En jou hart en lewe wat ons Vader dien.
Ja, in jou hart is Hy duidelik tuis
En met jou mond loop jy Hom en prys.

En hoe kan ek God dan nie dank
Die res van my lewe lank,
Vir iemand so spesiaal,
'n geskenk waarvoor ek nie kan betaal.

Jy's iemand diep in my hart,
Waarmee ek sal deel al my smart
En ook al my geluk
Wat nog aan my lewe sal kom ruk.

En baie mooi sal jy
Altyd vir my bly,
En my liefde vir jou
Sal nóóit vervlou,

Want liefde kan niemand boei,
Sodat dit kan ophou groei,
Want vriendskap bly die wonderplant
Wat groei op die berg se hoogste rand.

(2001)

COMMENTS OF THE POEM
Francois Hoon 08 January 2010

Wow, baie nice! Ook een van jou beste Afrikaanse gedigte!

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success