Té laat
Soos die strale van die donker maan
en die aarde in sy wentelbaan
skuif-skuif ons by mekaar verby
soos mense wat op sneeu rondgly
misverstande keer op keer
met woorde maak ons ander seer
sonder om te probeer verstaan
wat in hulle gemoed omgaan
dan staan ons nog verstom
wanneer hulle iets oorkom
die boelie het weer gewen
en word deur sy makkers erken
die ander een moes heeltyd hoor
hoe sleg het hy (of sy) verloor
die gespot hou net nie op
jy kruip al verder in jou dop
maar niemand anders kon dit sien
jy het dit glad nie verdien
jou briefie het sy punt gemaak
maar jammer sê is nou te laat
jou plekkie hier is nou leeg
want jy het selfmoord gepleeg
© Gerhardus Keen (GK1)
6 Feb 2020
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem