U Bloed Poem by Marien Jacobs

U Bloed

O Lam van God geslag vir my,
Sodat ek vergifnis van al my sonde kan verkry,
Deur U Bloed wat oor die altaar vloei!
Hoe kon U Uself ooit met so 'n sondar soos ek bemoei?
U Bloed, 'n bewys van U liefde so onbeskryflik groot
Is daar tot voorsiening vir elke tekort en nood!

Lam van God, U het vir my aan die kruis gely,
En deur U kosbare Bloed my van sonde kom bevry.
Tussen my en God het U Bloed versoening bewerk,
Sodat ek deur genade kon deel word van God se Kerk!
My sondige, vuil en ou natuur het ek berou
En deur U Bloed kon ek U vir reinheid vertrou!

Duer U Bloed het U ewige oorwinning behaal,
En die prys van verlossing van die hel betaal.
Deur U Bloed verkry ons ook die Heilige Gees
Om self heilig, onberispelik, vlekkeloos voor U te wees,
En die ewige lewe as geskenk van U te beërf,
Deur U Bloed gered van die verderf.

U Bloed gee ons die krag om oorwinning te behaal,
En U nie verder deur ons sonde te faal.
Bedek onder U kragtige Bloed, het ons niks te vrees,
Want onder U Bloed sal die aanvalle van satan tevergeefs wees.
Ja U kosbare Bloed hou vir ons die beste genesing in,
En ons kan nie anders as om U Bloed vir ewig te bemin!

(2003)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success