Voorbeeld Van U Liefde - Judas Poem by Marien Jacobs

Voorbeeld Van U Liefde - Judas

Hy was 'n vriend so naby aan U hart...
En tog het U geweet van al die smart,
Die pyn en lyding wat U sou verduur,
Deur 'n vriend, deur satan gehuur.

Al reeds het U geweet wat in sy hart sou skuil,
Tog het U hom nie vir 'n ander vriend verruil,
Maar met 'n hart vol liefde het U hom aanvaar;
Liefgehad met liefde wat niemand kan verklaar.

U wat deur U eie vriend verwerp is, verraai,
Het lyding in die plek van U liefde gemaai.
Deur 'n kus van 'n vriend in die donkerste nag,
Het hy U oorgegee in die hand van die wag.

En ten spyte van die jare as vriend aan U sy,
Ken hy geen seerkry by die wete hoe U sou ly.
Ten spyte van U lewe en lesse uit U mond,
Lewer hy U oor, sonder rede of vaste grond!

Steeds het U hom innig lief gehad tot aan die end,
Ag, as hy homself tog maar net toe tot U wou wend!
Selfs al was sy antwoord op U vriendskap dan ook: Nee!
U't steeds, tot die end, met liefde teen hom opgetree.

Wat se voorbeeld en standaard het U nie vir ons gestel
Om te volg, selfs al word teenstand ook hoe fel;
As vriende ons verlaat; ons daad van liefde nie aanvaar,
Om steeds U hart van liefde vir altyd te bewaar.

Laat die liefde en bystand van my kant,
Heer, teenoor ander altyd hou gestand,
Want U is my krag en stel my instaat,
Al sê hul oë ook dat hul my nou haat.

Tot aan die kruis, was U liefde vir hom, o Heer;
U dra die kruis, en lê U eie lewe neer,
En sterf daar om vergifnis vir die mens te gee;
As ons maar net sal kies: die Godgegewe weë.

(2006)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success