nog ʼn dag skuifel
oor skaarste
oor leë putte
en lae sand
ek knipper my oë
teen die gloei se brand
en deur die skrefies
val jy
kaalvoet kind
met geroeste ketel
in jou hand
ʼn bondeltjie stok
in ʼn geel rok
wat lag
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem