WHERE I BECOME YOU (4.) Poem by Antjie Krog

WHERE I BECOME YOU (4.)



4.

oor-ruisend deur ons
houvassende kapasiteit
op hierdie kniebare aardmantel

kan ek nie nie-jy wees nie
jy nie niemand wees nie
ons nie nêrens wees nie
die ongehoorde behorende woord
nie nie-gesê word deur ons nie

my hart haper - gewigloser as tevore
dog brugbaar

daar waar ek anders as jy is
begin ek
dis waar

maar daar waar ek jy is
jy geword het
sing ek buite myself
ligte polsslae kwiksilwersingend
iets anderkant alle mensheid gekaats

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success