jy laat my voor loop, maar bly self skuins staan
sit jou vingers liggies op my rug sodat
my somerskouers verby jou lapelle skuur
my werwels loop uit in lig
skaamteloos kom lê jou oë op my arms
sulke nat swart oë het jy wat nooit knip nie - nugter
gly dit my borste binne
ek word daarvan litterig, lieflik, ligter
as wyn direk die slagaar giet
sak jou mond swaar oop om die glas
subiet word my lyf totaal orgaan
later as geswolle wond deur jou voorarm
teen die muur geknel - ontplof my ganse skelet
en bars verby die wit versperring van vel
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem