WHERE I BECOME YOU (8.) Poem by Antjie Krog

WHERE I BECOME YOU (8.)

8.

jy
die juiste jy
die ja-jy
die gras ruis nog van jou enkels nou net
elke keer as ek opkyk
pasrugkerende
wegstappende
geliefde
astraal gefluit nagtelik geskort
kom!
laat ‘n woord dwarsdeur jou kom
laat meer as ek kom
meer as die ondermynende myne
die meinedige myne
die eindeloos ekkerende myne
laat ons
onvergloei naak
onberoerd
wat ons nooit
alleen kon wees nie word

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success