WHERE I BECOME YOU Poem by Antjie Krog

WHERE I BECOME YOU

Toen uw vel schreeuwde vatten mijn beenderen vuur.
Hugo Claus
1.

jy kom my omhaal
aan die anderkant van die wêreld
jou roep hoor ek
bibbernagblou en ge-
blind aan stralende gebeentes

by jou my snerpende kop

onwillig behaar
geuromgord
begin jy die ek uit die self knoop
die onskendbare eens
laat jy los in vele

uit-mekaar-uit-neer-sit
losmakend die een stuk uit die ander
sodat die verbintenisse voortvouend
blyk in die ondraaglik meeskrywende a-
sem ongekloofde rose

om uit-
mekaar-te-haal
die ek
van die ook-ek
die jy
van die byna-
jou-in-my

hoor, sê jy, hoe on-
naspeurbaar treur
die dieptesig van liefde

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success