Ek mis iemand wat ek nie ken nie,
ek weet nie hoekom nie,
en dis nou nie juis asof ek iets daaraan kan doen nie.
So ek laat die heimwee oor my waai
in golwe van intensiteit
Ek bekyk myself in die refleksie van die snaakse emosie
en vind 'n eensaamheid in die hoeke van my wese.
Nie 'n tekort aan mense- eensaamheid nie
Maar eerder n tekort aan sinvolle interaksies
Minder nonsens-praat, meer siels gesprekke
is wat die die dokter voorskryf
Maar dan,
dit raak ook te vinning
te diep en te donker
en eerlikwaar sommer depressief
En naderhand 'n amperse kompetisie om te kyk
wie se lewe loop skewer
Mens los dit sommer geheelenal
So ek los maar eerder my vraagstukke op Facebook
'n Post-moderne sielswroegging in volle aangesig van almal wat wil loer.
Maar ons is mos so besig deesdae
dat eintlik is ons almal maar besig om ons eie vraagstukke in publiek uit te droog
heeltemal te betrokke om mekaar s'n te sien.
In 'n wereld wat heeltyd gekonnekteer is,
is ons afgesonder in ons eie kuber-kamer-hokkies.
So heel moontlik sit ons almal langs mekaar en mis
iemand wat ons nie ken nie...
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem