[afrikaans] Almal Op My Hartspad Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Almal Op My Hartspad

Rating: 5.0

daars iets hier binne my wat los geskryf moet word
die wete dat al sien ek myself
as ‘n logiese redernerende mens
ek dit nie is nie

ek sit met ‘n diep gewortelde romantiese streep
wat ondanks moderne feminisme sy kop gedurig uitsteek
die vrou in my is blykblaar smagtend na haar eie sprokies verhaal

elke mens wat oor my lewens pad al gewandel het
het tenspyte van neuroses, psigoses en ander tipe mure
‘n rippel effek op my psige gehad

meer nog, die wat mens romanties aan gebonde was
of dit nou ‘n week, maand of jare was.
Sodra my hart (o verraaier) ‘n le plek gevind het
ontwerp sy die padkaart terug na daardie plek
dis vir die onthou, die koester en die kasty op moeilike dae

Dis eienaardig om mense te wil vertel wat hulle vir jou beteken
jare na die feit
maar soms moet mens dit dalk herleef in jou innigheid
al is dit net vir refleksie
al is dit net vir jou

jou ongebonde siel het my aangeraak
jou nie-verskonend spontanaiet het ek bewonder
jyt my laat blom, ongekunsteld, natuurlik
en onbeskaamd, onbeskroom vir ander gewys hoe jy voel
tog was dit asof dit nog altyd was

jy was nog altyd iewers in die agtergrond van lewe
nie werklik ‘n liefde, slegs ‘n fantasie
van wat ek gedink het jy dalk is
maar daar was geen keer aan my hart
-my romantiese hart-
het geen keer geken nie
n digter, ‘n kunstenaar,
‘n bedrukte siel wat die skoolbanke verlig het met geheime boodskappe
dit het my hart nie goed gedoen om
terwyl jy in my oogveld is vir die eerste keer
Keats, Shelly en Byron aan te hoor
Nou weet ek jy is nie wat ek gedink het nie,
maar dis nie hartseer nie, inteendeel
-nou is jou ‘n interssante kennis
wat onwetend ‘n geskiedenis met my hart het

jou rebelsheid en seker die onbereikbaarheid van wie jy is
het my aangetrek
ek was soos ‘n mot voor ‘n vlam betower, gefasineerd
so onverklaarbaar mooi was dit tussen ons
te mooi- ‘n perfekte resep vir jare se nostalgie
herinneringe wat altyd klok helder voor my sal kan staan
selfs nou, jare later staan jou woorde nog voor my
jou wysheid voor ‘n jong meisie omvou my steeds

oor jou is al te veel geskryf
te veel getreur en te veel gedink
dit was dalk die tema van wat ons was.
te-
te veel van my vir te min van jou
terwyl daar te veel van jou nog deel was van te veel van haar
te veel van my tyd terwyl ek te min tyd gehad het
en jy te min gegee het en te veel gehad het.
dit was ‘n te ongelee tyd vir liefde
en te laat vir omdraai

oor jou kan ek boekdele skryf
my hartsvriend
jy het my deur donker tye gedra, sonder om my werklik te ken
en toe jy my leer ken- was daar nie omdraai plek
‘n verterende, stormagtige maar tere liefde
het ons gekoester in ons fantasie wereld
maar tog was die werklikheid naby
jy was my sielsgenoot-
my hart, verstand en siel was
in eengestrengel in joune
jou hand was my hand
ons was so naby dat as jy jou oe toegemaak het
het myne toegeval van slaap (neruda)
maar tenspyte van wil en dank
het die sprokie sy nare werklikheid openbaar
liefde is nie genoeg nie en mense verander mekaar

wat was en wat is
verwyte en spyt is nutteloos
aangesien daar soveel is wat nooit moet verander nie
aangesien die goeie die slegte aandra
en die donkerste nag die sonsopkoms die mooiste laat lyk.

gelukkig hou my verstand my hart in toom
teen emosie en sinnelose aksies
my verstand, sy vertaan dat my hart eintlik net verlief is op die idee van liefde
daai hartplekkies van alle romantiese oomblikke saamgetel
beleef of versin
het in my hart eengeword

nous daar dalk nie meer plek vir ‘n gewone man nie
want hier leef net fantasie

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success