(afrikaans) Dankie Vir My Dogtertjie Poem by Carike Klokow

(afrikaans) Dankie Vir My Dogtertjie



Dankie vir my dogtertjie, dat ek haar kan lief he
en dankie vir my dogtertjie en elke dag se briefie

Dankie vir die 'ek lief jou mammie'
sonder dit sal ek ni kan nie

Dankie dat sy myne is
en elke aand se sagte kus

Dankie vir die ogies blou en blonde haartjies
en al die jare wat verby is se verjaarsdag kaartjies

Dankie vir een, twee en drie, more is sy al vier
dan kom 'groot word', dis amper hier

Dankie vir die trane waardeur sy is
van seunskinders is sy nou bewus

Dankie vir die glimlag by die matriekafskeid
Liewe Here ek is bereid
om my kind se kinderjare agter my te sit

Dankie vir die trots om vandag te kan se
Die prinses is myne
Met trou rok lyk sy soos 'n engel wat voor die kansel staan
Sy's op haar senuwees en haar stem is amper hees
Dis my klein engeltjie daai
en ek kan hoor hoe hou die engele fees

Dankie vir die wonderwerkie om 'n kleinkind te kan he
en om hom te leer, hoe om ouma te se!

1999

COMMENTS OF THE POEM
Pheko Motaung 20 February 2012

'n pragtige meeterstuk deur die beste in die wereld.Veels geluk vir u.En die beste in God se hemel en sy mense in die wereld.En bly skryf die mooi gedigte i die Afrikaans.Dis dan die regte ding om te doen.Dankie.Ek waardeer u se werk met al my hart en siel!

2 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success