Jy maak my so verskriklik deurmekaar
sy soek jou en jy soek haar
maar ons kan nie wys hoe ons voel
en ek kan nooit se wat ek regtig bedoel
Ek wens daar was 'n manier om te se
ek wens ek't geweet wat ek regtig wou he
elke keer wat ek in jou oe staar
raak my emosies weer deurmekaar
Die manier wat jy praat
jou komplimente, so akuraat
alles wat ek nie kan verduur
is alles wat jy na my toe stuur
Ek voel so leeg sonder jou
die iemand wat ek kon vertrou
alles wat ek is, met jou gedeel
alles wat ek voel, het jy gesteel
Ek draai weg, maar jy's nog daar
jy maak my vreeslik deurmekaar.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
As 'n Suid Afrikaner ek is trots ek kan hier die mooi stuk lees! Hierdie is die woorde wat onder genoemde persoon moes ge se het.Dankie.Hou die flag hoog.Vir Siud Afrika.Vir Moedertjie Afrika, Vir ons almal.Vir u self en jou gesin.Dis mos die regte ding om te doen in die naam van versoening! Dankie weer.Jou werk is kosbaar.