[afrikaans] Te Vinnig Te Veel Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Te Vinnig Te Veel

te vroeg te vinnig te veel,
te diep te intiem
het ons ineengestrengel geraak.

te vinnig te veel
van ons harte
het ons oopgebreek
en aan mekaar gewys

te vroeg
het ons begin beplan
bedink, bewonder
oor te veel

te vroeg te vinnig te veel
het ons aan mekaar gesmelt geraak
soos die lood soldaatjie en sy ballerina
sonder die vuur van ervaring
die vuurdoop van moeite en werk

te vroeg te vinnig te veel
het daar 'n ons ontstaan

maar...
is daar nie altyd 'n maar

die verbindtenis,
is
tenspyte van sy kort speeltyd sover
net
tenspyte van afstand
reg

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success