Ek het jou gister gehoor se
jy wil graag iemand in jou lewe he
en die krieweling wat dit in my binneste los
is soos manna vir my gees, pure sielekos.
Ek het nog altyd geweet daars iets soos die EEN
en toe jy dit ook se toe weet ek, ek's nie alleen
vir jare het ek bly soek
om elke draai, elke hoek
maar niemand gewaar wat my wese verstaan.
Ek het stil lag gekry toe jy se dat hoop nie beskaam
en ek met al my gehuil en baklei, weet ek stem volmondig saam
dis om na iets te verlang wat jou siel weet dis daar
al het jy dit nog nooit met jou mensoog gewaar.
Ek het altyd gedink ek is simpel, ek is mal
dat ek glo in my EEN terwyl ek sit op die wal
toe kom jy en se jy soek nog DIE EEN
en ek weet met verligting, ek is tog nie alleen.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem