Die Mense Van Virginia Poem by Gerhardus Keen

Die Mense Van Virginia

Hierdie is maar net
soos ek hul ondervind
die mense van Virginia
die kinders van die wind

sy wag tot haar man gaan werk het
dan ry sy na die bar
en daar suip sy te lekker
en ontmoet sy haar minnaar

hul ry saam na haar huis toe
wat hul doen sal ek nie weet
maar hy kom alleen terug bar toe
en hy's trommeldik gevreet

die vrou wag tot haar man kom
sy wil sy payslip sien
sy moet budget vir haar bar trips
sy het dit mos verdien

die man ry na sy werk toe
hy klok in by die myn
maar hy gaan nie ondergrond nie
hy het saam met sy pel verdwyn

hy sit daar in die bar
hy suip sy dop intiem
dan gewaar hy haar
die getroude vroutjie wat hy sien

hul ry saam na haar huis
hy weet wat hul daar doen
hy kom alleen terug bar toe
op sy kraag 'n lipstick soen

hy wys sy vrou sy payslip
hy's trots op wat hy pay
hul altwee jol te lekker
hul sal mekaar nooit skei

dis Sodom en Gomorra
almal slaap hier bymekaar
ek sal dit nooit verstaan nie
dié plek is deurmekaar

© GK1-28-Jun-17

Wednesday, June 28, 2017
Topic(s) of this poem: funny,people
POET'S NOTES ABOUT THE POEM
Dié gedig is tong-in-die-kies geskryf en moet nie té ernstig opgeneem word nie. 😉😁
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success