Grensdae Poem by Gerhardus Keen

Grensdae

In die stilte van die nag
Sit ons bang en wag
In alle erns
Vir 'n aanval vanuit nêrens

'n Skoot wat klap
Twee uur in die oggend
Dan bars die hel los
Dis nou oorlog, dis ooglopend

Tracers trek oor ons koppe
Dan daai vrees aanjaende fluit geluid
'n Mortar is op pad
Ons moet skuil, of vlug onder dit uit

Jy skiet in 'n rigting
Aangevuur deur adrenaline
Dan, stadig maar seker
Skop jou opleiding in

Kry jou troepe tot bedaring
Kyk vanwaar vuur die vyand
Grawe jou dieper in jou bivvy
Geweer granaat in die hand

Ag, Heer, bid jy sag
Ek het familie, die dood moet maar wag
Laat daar tog nie 'n têr bullet met my naam op wees
Beskerm ons met U gees

'n Jong man van sewentien
Hier om my land te dien
En skielik verlang ek daarna
Om my familie net weer eenkeer te kan sien

Soos een man spring ons op
En storm op die vyand af
Vreesloos, vol bravade
Maak ons staat op God se genade

Die vyand dink ons is onoorwinlik
Nie bang om dood te gaan
En slaan op die vlug
Dat die stof so staan

In die maanlig skiet ons in hul rigting
Hulle hardloop verniet
Ons sal in die daglig gaan kyk
Hoeveel het ons dood geskiet

Ons het oornag verouder
Skielik 'n oorlog veteraan
Van hier af aan
Kan dit net beter gaan

Ons sing ons lied in 'Angols'
Terwyl ons voort baklei
'F*k almal, behalwe vir Swapo
Hulle het gesorg vir danger pay'

Die onskuldige jong seun
Het op die grens doodgegaan
En hier in sy plek
Staan 'n sewentienjarige man

By die huis het my moeder gehuil
Het meer geklink of sy ween
Want sy het geweet
Dit was die laaste sien van die onskuldige seun

Dinge was nooit weer dieselfde
Ons was nou heeltyd op jag
Om die têrs op te f*k
Elke liewe dag

Daai 'Brasso' gevoel as jy stop by die basis se hek
En die manne vorm 'n erewag tot by die HK se deur
Hulle klap ritmies op hulle hande en skree 'contact, contact'
En jy loop breë bors, soos Johny Rambo, met jou AK geweer


Wie weet wat die toekoms inhou
En of ons ooit gaan cope
Gaan ons ooit herstel
Of gaan ons ons oorgee aan dope

© GK1-2-Jan-1984

Wednesday, February 22, 2017
Topic(s) of this poem: border war,fear
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success