Die dag toe ek jou ontmoet het,
Was ek dadelik verlief!
Jy het my beïndruk met jou kennis
En jou intelligente inisiatief.
Ek het baie ontmoet en was baie verstom
Want die meeste van hulle was regtig dom
Ek soek iemand wat my intellektueel kan challenge
En jy is die enigste een wat dit kon manage
Jy het my gesien
Op my beste en my slegste
Tog het jy besluit
Dis 'n stryd wat ons saam kan veg
Ek het 'n muur om my gebou
En jou gewaarsku daarteen
Maar jy het dit met liefde en sagtheid
Afgebreek, steen-vir-steen
Voor jou staan ek nou ontbloot
En ek weet jy kan my baie seermaak
Maar jou liefde vir my
Het my hart heel gemaak
Ek sê dankie vir jou
En nog baie meer
Want ek weet jy is aan my geskenk
Deur die Heer
'n Engel soos jy, kan net van Hom afvaar
Om my by te staan en uit my smart uit te haal
Om my voete weer te lei na Hom
En weer ware liefde te ervaar
Ek sê dankie vir jou in my lewe
En dat jy my, my swak oomblike vergewe
Jy het my geleer wat dit is om weer te vertrou
En ek hoop jy word binnekort my vrou
Lief jou oneindig, my skat
© GK1-21-Jan-16
Opgedra aan Sonja Brummer, (wat bang was om lief te hê, of ware liefde te ervaar) , wat deel was van my lewe, vanaf 6-Jan-2014 tot 27-Nov-2016
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem