EK BEREI ‘N SLAAI VOOR DIE OË VAN MY VADER Poem by Marlene van Niekerk

EK BEREI ‘N SLAAI VOOR DIE OË VAN MY VADER

ek berei ‘n slaai voor die oë van my vader watse blare
vra hy watse gras watse klein groen kiewiete
krakeel daar onder in die vlei van lig en van genade
hy blaai deur die jare ‘n wit servet om sy nek
en tree met adel kuite deur die toppe van wilde mosterd
waarin die blou kieriekoppe van tarentale roer
en die someravond bruin en soet op die stellasie sit
en die horlosiegras afdraai in die stof in hierdie kuil
van skadu sê my pa en hef die skaal op in sy hande
sit die klein goue blaarvouer in die geul van die palmiet
te pierewiet vou my ook so o heer in u alsontsiende kroes
maak my soet en hoor my lied laat hierdie groen kos,
geseënd wees aan ons gees my pa eet blare
my pa eet gras en praat in tale

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success