Verlore Liefde Poem by Gerhardus Keen

Verlore Liefde

In ons reis deur die lewe
Kruis baie mense ons pad
Sommige laat ons bewe
Met ander verloop dit glad
Maar net eenmaal ontmoet jy een
Wat jy jou lewe mee wil deel
Saam met wie jy dans in die reen
Een wat jou glad nie verveel

Dis die liefde van jou lewe
Een wat jy nooit sal vergeet
Die een wat jou laat swewe
Waaraan jy ander mense meet
Al skei julle paaie
En 'n ander het jou hart verower
En maak julle lewens ander draaie
Bly jou gedagtes beelde van die persoon optower

'n Liefde wat nimmer vergaan
Wat vir ewig sal bly
Maar die lewe gaan aan
Al is jy nie aan my sy
Jy sal altyd deel van my wees
Ek sal altyd bly wonder oor jou
Dink jy ook aan my in jou gees
Het jy ook diepe berou

© GK1-21-Feb-17

Wednesday, February 22, 2017
Topic(s) of this poem: lost love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success