Wanneer ek in stilte lê
sien ek jou nog langs my
so baie wat ek vir jou wil sê
maar ek praat by jou verby
jy het my hart in stukke gebreek
geen kans om te genees
'n dolk ook in my rug gesteek
my geknak tot in my gees
ewig optimistiese ek
veg moedig op voortbestaan
sal self my wonde lek
sal met die letsels verder gaan
'n terugblik bring diepe pyn
'n oomblik lam van skok
dan voel ek die son weer skyn
en druk gevoelens in 'n hok
ander moet daaronder ly
eintlik so onnodig
moenie iets voel vir my
gevoelens is oorbodig
eendag is ek miskien genees
en maak die verlede nie meer saak
maar nou kwyn my gees
en sal ek nie weer lief kan raak
© GK1-10-Jun-17
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem