HILLSIDE LULLABY Poem by Gert Vlok Nel

HILLSIDE LULLABY

ek bly hier in die dorp waar die treine fluit
& die sjanters nag na nag die treine op
spore skuif
& ek is heel allright
onthou die dag toe jy by my sou bly . . .
hoe het ons storie toe verder verloop?
Treine wat sjant, treine wat bly
treine wat altyd hier in kringe ry.

droom van my & laat my vry vannag

vanoggend vroeg was daar 'n harde slag
onder by die kant van die railwaybrug
maar als was heel allright
dit is net dat ek so na jou verlang
& in die meantime maak alles my bang
al my woorde lê leeg in my hand
want my hart slaap by jou waar die treine
sjant.

droom van my & laat my vry vannag

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success