. Kook! Poem by Dewald Viljoen

. Kook!

Rating: 2.9


‘n Rissie pit, om die bloed te geur
Hartsafraan, verleen eksotiese kleur
Nou kook ons in ons warm kombuis
Die geur van liefde hang in ons huis.

Daar's druppels sout op jou satyn sagte vel
en jou perske soet tong, moet nou haar woorde tel!
Ryk rooiwyn, om my gou te verlei
En warm liefde, word haastig berei.

Kaneel vir die soet dinge wat jy sê
Heuning, om taai in jou naeltjie te lê.
Die temperatuur is hoog en die hitte pla
Dit is net ‘n geval van tyd voor die bure kla

Die reuk van anys en koemein in die lug
Jou hande en jou soene op my rug.
Saam met jou gaan ek nog in die sop beland!
Saam met jou gaan ek nog my vingers brand!

COMMENTS OF THE POEM
Jurietta Duraan 20 May 2008

Great gedig Dewald! ! ! Dis speels and die 'speel' met woorde en speserye maak 'n wonderlike resep vir 'n sensuele gedig! Coooool!

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Dewald Viljoen

Dewald Viljoen

Swakopmund, Namibia
Close
Error Success