Jy ken my nie, maar ek ken jou soms
Jou woorde is my kompas noord
En die seerower kruis op my hartkaart.
Jou verse toor met my gedagtes,
En speel toktokkie met my tong
Jy trap ‘n sandspoor holte op my siel,
net diep genoeg vir ‘n woord om in te lê
Jy is die ongevonde skat
Die onverdiende genade
Ek ken jou nie, maar ek ken jou soms.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
Dewald, dis 'n beautiful gedig (en jou eerste Afrikaanse een! !) 'die seerower kruis op my hart' - - ongelooflik mooi...daar is 'n sekere teerheid wat in Afrikaans weergegee kan word wat jy nie in Engels kry nie - soos die woord 'vrymoedig' - ek het nog nooit 'n presiese Engelse woord gevind wat die bedoeling agter die woord kan vertaal nie... baie mooi. Yuri*