Liefde Nodig Poem by Gerhardus Keen

Liefde Nodig

Skepties sit ek en lees deur gedigte
Oor seer en ook oor liefde
En my gedagtes word tot halt geroep
Deur 'Dit is Liefde' van Magda de Korte

Baie stylvol geskryf en met gevoel
Dit laat my emosies wipplank ry
Ek worstel met my eie hart
Gedagtes van vreugde maar ook van smart

Amper het ek weer in liefde geglo
Want ek weet dit lyk so
Soos sy dit beskryf in haar gedig
En ons almal het dit só nodig

© GK1-17-May-17

Saturday, June 3, 2017
Topic(s) of this poem: inspired,love,poem
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success