Masker Mense Poem by Gerhardus Keen

Masker Mense

In ons lewe stap ons vele draaie
en kruis verskillende mense ons paaie
sommiges lig ons gemoed
en sommiges is glad nie goed
ons leer om hulle van mekaar te onderskei
maar van hulle het dit reggekry
om 'n masker te dra wat eerbaar lyk
sodat jy die ware karakter skoon mis kyk
maar mens kan net vir só lank die skyn voorhou
en aan daardie masker bly vasklou
totdat die waarheid jou ontbloot
en jy dan die mense begin wegstoot
vasgevang in jou eie leuen
weet jy skielik nie waarheen
vlug gou weg na 'n ander plek
waar jy die volgende prooi plat trek
maar dit bly 'n bose kring
waar jy jouself in dwing
wil nie verander en eerbaar lewe
want dit beteken jy moet jouself vergewe
maar kort-kort word jy weer ontbloot
en weer word mense weggestoot
totdat jy jou masker mis
en besef hoe eensaam jy werklik is.

© Gerhardus Keen (GK1)
27 Augustus 2020

Thursday, August 27, 2020
Topic(s) of this poem: loneliness
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success