NAG Poem by Ronelda Kamfer

NAG

vir Candy, Emmie en Jessie
Mag die nag jou goed behandel
Mag die donker vir jou mooi wees
Mag stilte vir jou vrede beteken
En mag die naggeluide jou aan die slaap sus
Mag jy drome droom
En nie net slaap nie

Saturday, August 18, 2018
Topic(s) of this poem: candy
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success