ek is jaloers
die diewe word bederf
en ek wil ook in
balingskap gaan sit in
die tronk en die wat tax
betaal vir zuma se huis
en die man se huwelike
sal vir my kos en klere
en 'n plsma t.v koop
met hulle nuttelose geld
ek en my beminde stap op die
silwer strate van vereeniging
en ons sien nie die verwoesting
wat ons in gesig staar want ons
is nuut op merkaar verlief
maar as ek allen op die verwoeste
strate van vereeniging rond loop
soos 'n hond wat kos soek sien ek
die realiteit en die toekoms lyk nie
mooi vir ons ongebore kindertjie
op die strate van vereeniging voel
ek hopeloos as die vullis my aanval
en my oorweldig en probeer verwilg
op die strate van vereeniging word
ek verneederd as die swai vroue my
my omhels en hulle dreig om my te
smokel in die vuil hotel as ek nie
die toordokter se medisyne nie koop
op die strate van vereeniging wil die
dwelm smokelaars my 'n dwelm slaaf maak
op die strate van vereeniging
die boewe van nigeria is die profete
ek is die siener en hulle gaan my
vol leuens preek as jy nie liefling
my lewe en siel voor skemer kom red
op die ou ek's ou swerwende musuthu
liefheber wat ver gedwaal het en
ek's opsoek na jou warm hart en liefde
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem