Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie blou
Jou lojaliteit
is 'n aap in die mou
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie bloed
Die struggle is real
Wat is hul hemel
Wat is hul see
Hoeveel meer sal ons
moet gee
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie vrede
Daar is peace, daar is
peace
maar nie in die hede
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie is ons son
die bakhand hou
maar vrygewigheid
vind jy nie in hom
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie hoop
Is alweer 'n perd,
is alweer 'n perd
oploop
Soeterbessie dagbreek
Soeterbessie mooi
vind jy weer vervulling
met avondstond
se rooi
as jy met God
gesels oor al die dinge
in jou kleine wêreld
want jy moet reg wees,
ons moet reg wees
voor ons dooi.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem