Soet Opbeurend - Afrikaans Poem by Margaret Alice Second

Soet Opbeurend - Afrikaans

Aanhaling: ‘Soet opbeurend
prys die lug homself aan
by ons rustige gemoed'

Alles wat ek hoor vergeet ek
dadelik weer, ek het geen
korttermyngeheue meer

Ek is moeg en moet tog steeds
swoeg om woorde op te soek
in sinnelose geskarrel

Ek moet slaap totdat my kop
weer lig en helder is, tot ek
weer kan lag en verstaan

Alles wat in die lewe en die
klas aangaan, lae bloedsuiker
is my kruis, maak my dom

Verhoed my om andere by te
staan en maak my wens vir die
dood om my liggaam

Weg te neem, ek weet my gees is
ewigdurende lewe, deel van die
intelligente energie

Ek is te moeg om om te gee wat
gebeur, ek wil net slaap en droom
tot ek weer my rol kan speel

POET'S NOTES ABOUT THE POEM
Vertaling van Macbeth deur L.I. Coertze
Gedruk deur Stewart Drukkers Maatskappy 1948
Aanhaling p.32
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success