Daar waar die lig verdwyn,
en die hemel 'n doek van grys word,
wag iets stiller as woorde,
iets groter as die oog kan sien.
Die wind dra geheime,
fluister oor wat verborge bly,
soos die son wat sluimerend skuil
agter 'n muur van wolke.
Jy kyk op,
jou hart vol vrae
wat nie met stemme beantwoord kan word nie,
maar met 'n lig wat wag
om deur te breek.
Selfs in die skadu,
selfs in die koue stiltes,
is daar hoop.
Achter die grys wolke
skuil altyd 'n hemel van goud.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem