Alleen Poem by Gerhardus Keen

Alleen

Wie verstaan die seer
En wie kan dit keer
Wanneer liefde stop
Maar jou hart nog klop

Maak nie saak wat ander sê
Jy weet wat jou hart wil hê
Maar die ander een gaan net aan
Sonder om jou pyn te verstaan

Nagte gehuil en om gebid
Hoe beskryf mens dit
In woorde dat ander kan sien
Die pyn wat jy nie verdien

Jou wêreld staan stil
Ander sê 'dis God se wil'
Maar wil Hy ons sien ly
Of vir iets beter voorberei

Jy sien geen toekoms
Twyfel oor jou bestaan
Jy verag die sonsopkoms
Jy wil glad nie verder gaan

Dan begin jy stadig weer te leef
Jy begin om ander te vergeef
Sien weer as die son opkom
Klein dinge begin jou weer verstom

Jy sien weer die blomme raak
Jy ruik hul aangename geur
Die lewe begin weer sin te maak
Jy sien uit na wat volgende gaan gebeur

Voor jy jou kom kry
Is nog 'n jaar verby
En die lewe is weer 'n fees
Jou hart is weer genees

Maar daar is nou 'n muur gebou
En jy glo dit beskerm jou
Dit moet Kupid se pyle keer
En jou weghou van die seer

Dalk is daar een wat dit af kan breek
Een wat jou nie sal verneuk
Maar die vrees sal altyd bly
Dat jy nie die regte een sal kry

Daarom bly jy eerder 'single'
Wil glad nie met ander 'mingle'
Hou almal eerder weg van jou
Voor jy iemand weer vertrou

© GK1-22-Apr-17

Wednesday, April 26, 2017
Topic(s) of this poem: alone,heartache
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success