As U Na My Soek Poem by Mario, Lucien, Rene Odekerken

As U Na My Soek

As u na my soek
kyk dan daar
waar die voëls vrylik fluit
kyk dan daar
waar die visse in vrede rond swem
kyk dan daar
waar die kinders rustig met mekaar speel
kyk daar
waar jy nie van my sal verwag nie
Want net daar
kan ek sonder vlees en bloed
teenwoordig wees in onsigbaarheid
Want net daar
kan my siel in vrede rus

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success