Dae sonder jou,
soos die wind wat waai oor leë vlaktes,
stil, maar onrus dra dit saam.
Die son styg,
maar die lig voel bleek,
'n skaduwee sonder 'n vorm.
Woorde bly agter,
gedagtes dryf sonder rigting,
soekend na jou teenwoordigheid
wat soos reēn in die woestyn was.
Elke oomblik rek,
soos 'n tyd sonder einde,
en die wêreld hou asem op
in jou afwesigheid.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem